P.O.D kom amps oopdraai
P.O.D is reg om Suid-Afrika in die hartjie van winter te laat vlamvat met songs soos Alive en Youth of the Nation. Die Russiese band the Slot gaan saam met die Amerikaners wys die Koue Oorlog is vergete.
Die Amerikaanse band P.O.D (Payable on Death) en Russiese nu metal-manne The Slot gaan in Julie hul amps in Suid-Afrika kom oopdraai.
Volgens 'n presser van We Rock U gaan die bands 3 shows speel. Die eerste show is 14 Julie in Kaapstad, die volgende een 15 Julie in Jozi by die Sandton Convention Centre en die laaste een 16 Julie in Durbs by die Durban-arena.
P.O.D is in 1992 gestig en is veral bekend vir songs soos Alive en Youth of the Nation. Die ouens het ook drie Grammy-benoemings ontvang.
P.O.D het die volgende albums release:
Snuff the Punk (1994)
Brown (1996)
The Fundamental Elements of Southtown (1999)
Satellite (2001)
Payable on Death (2003)
Testify (2006)
When Angels & Serpents Dance (2008)
The Slot is in 2002 in Moskou begin en die band se debuutalbum Slot 1 het in 2003 die lig gesien. Die band het sy tweede studio-album 2 Wars in 2006 release. Hul derde album Trinity is in 2007 bekend gestel en 4Ever het in 2009 sy verskyning gemaak.
The Slot het al saam met Korn, Clawfinger en Samael gegig.




Facebook Group
Twitter