Corey Taylor se bad luck

Dis nog nie duidelik wat die toekoms presies vir Slipknot inhou nie, maar intussen kan vocalist Corey Taylor net sy kop skud oor al die bad luck wat sy bands beleef.

Arme Corey Taylor word omtrent gery met sterftes en siekte in sy twee bands, Stone Sour en Slipknot. Eers het Slipknot se bassist, Paul Gray, in Mei verlede jaar die emmer geskop en nou moes Stone Sour hul Amerikaanse toer tot stilstand bring nadat hulle drummer, Roy Mayorga 'n ligte stroke gehad het. Dit wil voorkom as Des Moines maar 'n plek met bad luck vir Corey en sy twee bands is. Dis dieselfde plek waar Paul gesterf het en ook waar Roy sy stroke gehad het. Dit egter Slipknot se hometown. Roy het hom in 2006 by Stone Sour aangesluit nadat die band se vorige drummer, Joel Ekman, besluit het om die groep te verlaat om meer tyd saame met sy negejarige seun, wat met breinkanker gediagnoseer is, te spandeer. Volgens Blabbermouth.net was Stone Sour se bassist, Shawn Econamaki, gedwing om hom te onttrek van die huidige toer weens "persoonlike issues". Dis egter nog nie duidelik wat Slipknot presies beplan en of die band gaan voortgaan met Corey of nie. Corey het getune Paul sou wou hê die band moet voortgaan, hoewel hyself nie seker is of hy verder in Slipknot wil wees nie. Slipknot se demoniese drummer Joey Jordison tune egter Slipknot gaan voort met Corey al dan nie. Hy het ook glo reeds 17 nuwe tunes vir die nuwe Slipknot-album geskryf.

 
English (United Kingdom)

Polls
Kan Amy Winehouse saam met die groot geeste van die 27 club gesels?
 
Home Nuus Metal Corey Taylor se bad luck