Skud hom!

Headbangers Bash is om die draai en groot menere soos Chromium gaan daar jam.

Dis tyd om bietjie weer daai kop te skud dat die skilfers spat. En wat's nou beter as sowat 15 metal bands om 'n Saterdag behoorlik te laat vlam vat.

Headbangers Bash IV vind 2 Julie by Cool Runnings Fourways plaas en as jy dit mis gaan jy jou eie gat skop. Jy gaan jouself dan net spaar van 'n seer nek. En groot menere soos Chromium en Agro gaan hul kitare aan die brand speel.

Die volgende bands het bevestig dat hulle gaan jam:
Agro
All Forlorn
Bile of Man
Chromium
Contrast the Water
Empery
Erebus
Haggis & Bong
Loathed
Spectral Realm
State Dependency
Warthane

Daar gaan ook jewellery-, en bong & tabakstalletjie wees en 'n lekker bonfire om die winter 'n middelvinger te gee.

Jy sal sowat 60 bokke moet uithaal en kan die organiseerder Brad vir meer besonderhede bel by 0820 926228.

 
English (United Kingdom)

Polls
Kan Amy Winehouse saam met die groot geeste van die 27 club gesels?
 
Home Nuus Metal Skud hom!