Die biesies gaan bewe!
Dis amper tyd om daai kop te skud dat die skilfers spat, met een moerse heave gig om die draai!
As jy lus is vir baie donker en heavy musiek, moet jy gou 'n merkie in jou swart boekie maak.
Die volgende bands, Bile of Man, Bleeding Spawn, Emperium, Killatoria en Bloodbeast gaan die 24ste September Factory Nightclub in Centurion laat bulder.
Maggot Entertainment bied die event aan en jy sal 40 bokke moet uithaal om jou ore te laat bloei. So as jy 'n bangbroek is, bly eerder by die huis, anders maak 'n draai en paartie tot die son opkom!
Die bands se slots is:
KILLATORIA: 7 tot 7:30
EMPERIUM: 7:45 tot 8:20
BLEEDING SPAWN: 8:35 tot 9:15
BILE OF MAN: 9:30 tot 10:15
BLOODBEAST: 10:30 tot 11




Facebook Group
Twitter