Nostalgiese kopskud!

Agro en Sacrifist het al die Zeplins clubs al stukkend gejol, en jip, die metal-manne is reg vir nog harde aksie!

Zeplins is daai een klub wat goths, metalheads en alternative ouens en girls saam laat party het dat die sweet spat. En daar's ook bands wat by al die  Zeps gejol het.

Zeplins Rock Shack in Centurion headbang terug in memory lane met 'n gig op 3 September. Agro en Sacrifist wat hulle vingers stukkend by elke Zeps gejol is, is die main bands. Hulle word support deur Octanium en Balyios, met Octanium wat die gig 19.00 afskop. Balyios jam dan 20.00, Sacrifist 21.00 en Agro begin 22.00 amps oopdraai.

Net 40 bokke vir lekker metal en jy's in. Verder sal metal DJ's seker maak jou kop word nie vir 'n sekonde stilgehou nie!
 

 
English (United Kingdom)

Polls
Kan Amy Winehouse saam met die groot geeste van die 27 club gesels?
 
Home Nuus Metal Nostalgiese kopskud!