Woef, ek sê!

Dis tyd vir 'n moerse metal-party en wys sommer jy gee ook om vir daai harige tjommies van jou!

Metal-ouens en -girls het maar klein hartjies, en as dit kom by diereliefdadigheid dan word die amps gou oopgedraai.

 

Hell Houndz Charity Event vind 17 September by Cool Runnings Fourways plaas en al die opbrengste gaan na die Husky Rescue-sentrum toe. So as jy laaik om jou kop op lekker metal te skud, en jy hou ook van woefies, wel, dan gaan jy jouself op die kop moet klap as jy dié gig mis. Groot bands soos Chromium is ook slaggereed om hul amps op 11 te sit ter ondersteuning van die Husky-sentrum.
 

Die gig sal jou 40 bokke kos as jy kos of 'n blankie as donasie bring, anders moet jy 50 bokke opdok.

 

Die volgende bands gaan jam:
14H00 - Use Your Words
15H00 - Legions Ablaze
16H00 - State Dependency
17H00 - Asylum
18H00 - Bringing a Shark to a Gunfight
19H00 - A Fate Like Yours
20H00 - 40 Day Journey
21H00 - Fragmented Children
23H00 - Facing the Gallows
22H00 - Chromium
 

 
English (United Kingdom)

Polls
Kan Amy Winehouse saam met die groot geeste van die 27 club gesels?
 
Home Nuus Metal Woef, ek sê!