Tori Amos gee hoendervleis

Baie vergelyk haar met Kate Bush, en yes, daar is iets in haar stem wat aan Kate herinner, maar om Tori Amos live te sien was absoluut befok!

Tori Amos is 'n ware genius. Haar musiek is uniek en daai timber in haar stem is so naby aan suiwer dat alchemists net daaroor kan droom. Tori het onlangs 'n draai in ons sonnige land kom maak en het in Jozi en Kaapstad opgetree.

Haar optrede in die Oos-Rand was een helse ervaring. Die konsert was baie intiem en sy het bitter min deur songs gepraat. Sy het ook sterk gefokus op verskeie songs uit haar moerse repertoire en daar is nie sterk klem geplaas op haar nuwe album, Night of Hunters, nie. Sy het deur die jare al 'n allemintige 12 albums uitgereik. Haar debuutalbum, Little Earthquakes, het moer sterk songs opgelewer en Tori het baie van die songs op die album gespeel. Die meesterstuk Silent All These Years was 'n belewenis om live te hoor en Me and a Gun was die ene stuk hoendervleis. Hierdie song, wat oor haar verkragting gaan, is met soveel emosie gesing dat seker 'n paar van die konsertgangers 'n traan of twee moes wegvee. Die rou emosie het ook soveel sterker deur gekom omdat die song, nes op die album, ook a capella gedoen is.

Tori se vingerwerk op die klavier en keyboard was ook classy en om die klavier en keyboard gelyk te speel, sit nie in elke muso se broek nie. Mens kry die indruk dat sy die songs sommer random gekies het, veral omdat sy 'n helse klomp songs het. Sy het byvoorbeeld glad nie die awesome Crucify in Jozi gesing nie, maar wel in Kaapstad. Die Kapenaars is ook bederf met haar eie weergawe van Depeche Mode se se Personal Jesus. Tori is nie bang om haar eie spin op songs te sit nie, vat maar net haar cover van Smells Like Teen Spirit.

Daar is nie regtig genoeg byvoeglike naamwoorde om Tori Amos se shows te beskryf is nie, maar om haar live te kon sien en haar musikale klas te kon ervaar is een moerse eer en voorreg. Dis nes die Rammstein gig iets wat ek op my bucket list kan tick.
 

 
English (United Kingdom)

Polls
Kan Amy Winehouse saam met die groot geeste van die 27 club gesels?
 
Home Nuus Pop Tori Amos gee hoendervleis