Coldplay op pad

Coldplay op pad Coldplay het besluit hulle is lus vir braaivleis, SAB-bier en sonskyn en gaan in Oktober 'n draai in Suid-Afrika maak.

Vir diegene wat ietwat vandag ietwat van 'n babelas het, is daar iets wat jou beters sal laat voel, mits jy 'n fan van die gewilde Britse popgroep Coldplay is.

Vocalist Chris Martin en die res van sy bende gaan in Oktober vir die eerste keer in ons sonnige land optree, het Big Concerts in 'n presser uitbasuin. Die Pommies kan nogals doen met so bietjie sonskyn of lithium.

Coldplay gaan gaan 5 Oktober (dis nou 'n Woensdag) in die Kaapstad-stadion hul tunes speel en 8 Oktober ('n Saterdag) in die FNB-stadion in  Jozi.

Die Britse band het hul eerste album, Parachutes, in 2000 die lig laat sien en moerse sukses gesmaak. Die album was nommer een op die Britse album-treffersparade en is benoem vir 'n Mercury-musiektoekenning.  Hul tweede album A Rush Of Blood To The Head is in 2002 uitgegee en het ook glad nie sleg gedoen nie deur met 'n 2004 Grammy weg te loop vir Album van die Jaar.

Coldplay se derde album, X&Y,  was die album wat die beste verkoop het in 2005 met verkope van meer as 11 miljoen.  Viva La Vida or Death and All His Friends wat in 2008 sy verskyning gemaak het, is volgens  Chris 'n nuwe rigting wat Coldplay ingeslaan het. Hierdie album was ook donners suksesvol en was die band se eerste nommer een op die Billboard Hot 100.

Of jy nou Coldplay smaak of nie (soos Joe Satriani wat getune het hulle het een van sy songs gesteel), die ouens wat hoe om albums te verkoop. Hulle is beloon met ses Brit Awards, vier MTV Video Music Awards en 'n hengse sewe Grammy Awards.

Die kaartjies vir hul SuidAfrikaanse toer kos R270 tot R635 en is van 12 Mei beskikbaar by Computicket, www.computicket.com, 083 915 8000.

 
English (United Kingdom)

Polls
Kan Amy Winehouse saam met die groot geeste van die 27 club gesels?
 
Home Nuus Pop Coldplay op pad