Ashtray Electric plug weer in

Steek maar solank jou smoke aan, Ashtray Electric is terug met 'n nuwe album en is slaggereed vir 'n landwye toer, wat Junie afskop.
Ashtray Electric het die afgelope paar jaar die asbakkies laat ophoop en die booze laat vloei by hul gigs. Nie omdat hulle mense na drank gedryf het nie, maar oor hul aansteeklike songs al hoe meer mense na hul gigs laat stroom het. Die band is terug met 'n nuwe album, Measured in Falls, wat in Junie die lig sien.
Die band gaan ook hul nuwe album met 'n landywe toer in Junie/Julie afskop.
Ashtray is al drie jaar aan die gang en hul debuutalbum, Bonjour, het die ouens gou op die musiekmap gesit. Volgens 'n presser is Measured in Falls 'n musikale progressie vir Ashtray Electric - die nuwe songs is warm en buitengewoon.
Die vocals van die album is by Bovlei-studios in Wellington record. Vocalist André Pienaar het 'n kamer by sy huis in 'n studio verander. Drums, kitaar en bass is by Openroom Productions/SABC RBF Studios in Jozi record. Daryll Torr was verantwoordelik vir die production van die album.
Ashtray Electric se toer is:
11 Junie The Assembly, Kaapstad
15 Julie MK Sessions @ Volksblad-fees Bloemfontein
16 Julie Arcade Empire Pretoria
21 Julie Memphis Rock Pta
22 Julie Town Hall Newtown, Jozi 23 Julie Unit 11 Durbs
27 Julie Klein Libertas Stellenbosch
28 Julie The Union Grahamstown 29 Julie Raggies Bar Oos-London
30 Julie Pool City PE




Facebook Group
Twitter