Die Antwoord-bra sterf
Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf neem afskeid van 'n geliefde in die scene, Leon Botha wat 'n sterk verbintenis met Die Antwoord gehad het.
Leon Botha, daai ou wat in Die Antwoord se Enter the Ninja-video was, is Sondag oorlede.
Leon het ook voor Die Antwoord-shows geopen en geDJ. Hy was 26 en het aan 'n skaars genetiese siekte gely.
Sy Facebook page is propvol boodskappe en selfs 'n ou soos Jack Parow het die volgende gepost:
RIP LEON BOTHA aka DJ SOLARIZE...You were a good friend...a role model to how life should be lived...and a LEGEND...SALUTE!
Musiekvraat stem saam met Parow, R.I.P Leon!




Facebook Group
Twitter