Tori op pad

Goeie nuus! Tori Amos kom na sonnige SA toe!

Tori Amos, wat groot naam gemaak het met awesome songs soos Crucify, gaan uiteindelik haar eerste draai in Suid-Afrika maak.

Die klavierlooier gaan 12 November by die Theatre of Marcellus by Emperor's Palace optree en 17 November by die Grand West in Kaapstad, volgens Compuiticket se website. Die Suid-Afrikaanse been van haar toer is deel van 'n wêreldtoer om haar nuwe album Night of Hunters te promote.

Kaartjies kos tussen R390 tot R765 vir die Gauteng show en R395 tot R695 vir die show in Kaapstad en kan by Computicket gekoop word.

Tori Amos hou nie daarvan om te sit en ginnegaap nie, check al die albums wat sy op haar kerfstok het:

  • Little Earthquakes (1992)
  • Under the Pink (1994)
  • Boys for Pele (1996)
  • From the Choirgirl Hotel (1998)
  • To Venus and Back (1999)
  • Strange Little Girls (2001)
  • Scarlet's Walk (2002)
  • The Beekeeper (2005)
  • American Doll Posse (2007)
  • Abnormally Attracted to Sin (2009)
  • Midwinter Graces (2009)
  • Night of Hunters (2011)
 
English (United Kingdom)

Polls
Kan Amy Winehouse saam met die groot geeste van die 27 club gesels?
 
Home Nuus Pop Tori op pad