Tyd vir daai groot solo
Bands soos AC/DC en Led Zep word nie om dowe ore classic rock genoem nie, die menere het geweet wat hulle doen.
Classic rock bands het altyd helse goeie riffs in gemeen gehad. Net asof daai bands verder wou brag, het hulle vocalists gehad wat 'n wynglas maklik in stukke kon laat spat. En solos is nog behoorlik gegooi, nie soos die stront wat deesdae net effens van die song se melodie afwyk nie. Dink maar net aan Led Zep, AC/DC, Deep Purple en Van Halen om 'n paar te noem.
Moonshine bied nou 'n tribute aan classic rock aan, so as jy lus is vir musiek met groot knaters, skryf gou hierdie een in jou swartboekie. Die produksie vind 10 Junie by Cool Runnings Fourways plaas en die skade is 50 bokke.
Vir meer info mail: Cool Runnings




Facebook Group
Twitter