Saints met ballas
Die ouens is nie bangbroeke nie en maak groot golwe in die musiekbedryf, so gaan check hulle uit.
Wat kry jy as jy twee ouens van Kommetjie, 'n tweeling van Worcester en een homeboy van Mitchell’s Plain saamgooi? Die antwoord is: Saintfearless, 'n 5-stuk rock 'n roll band wat in die laaste ses maande 'n paar golwe in die Kaapse bedryf veroorsaak het. Met 'n klank wat al as 'n blues-erige Civil Twilight vergelyk is, het hierdie energieryke band al in 2011 stages met Suid-Afrika se top bands gedeel. Van Coke Kartel, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Crash Car Burn en Isochronous is maar 'n handvol van die talle bands met wie die Saints al verhoë gedeel het.
Hierdie band het begin as 'n four-piece maar nadat hul baskitaarspeler in 2010 die band verlaat het, het Kieron Brown, Paul Fairbrother en Cody Meyer besluit om die tweeling Kevin en Kelvin Mercuur aan te neem en hulle deel van die band te maak.
Saintfearless vermag dit om old school rock en blues te meng met modern sonic sounds en ook elektro influences.
Check die band 25 Junie saam met The Pretty Blue Guns en Rosemary Towns End, by die Purple Turtle in Kaapstad:
As jy Saintfearless by Oppikoppi wil laat jol, gaan maak nou jou stem dik: KLIEK HIER
SAINTFEARLESS is:
Kieron Brown: Vocals en rhythm guitar
Paul Fairbrother: Lead guitar
Kelvin Pelvin: Keyboard en backing vocals
Cody Meyer: Drums
Kevin Mercuur: Baskitaar
Volg Saintfearless op Facebook




Facebook Group
Twitter