Nudies is terug
Die Nudies is terug met 'n nuwe EP na 'n stilte van vier jaar.
Die Nudies is nou al donkiejare aan die gang en skop nog net so hard gat. Arno en die res van sy bende het tussen 1995 en 2007 met 'n stewige 15 vrystellings vorendag gekom.
Volgens 'n presser het die Springbok Nude Girls in Junie vanjaar bymekaar gekom na 'n recording-stilte van vier jaar. Hulle het vir 'n week in Isle of Wight gebly en songs geskryf en record. Die gevolg is 'n 6 track EP genaamd, Apes With Shades.
Die manne gaan 26 November die Zulu Bar in Kaapstad op horings neem en as jy lus is vir 'n moerse paartie, moet jy solank 'n plannetjie maak. Die supporting bands gaan ook sorg dat die amps oopgedraai word met Reburn, Ashtray Electric en Foto Na Dans aan die stuur.
Jy sal 80 bokke vir die gig moet opdok, maar om legends soos die Nudies te check sal dit meer as die moeite werd maak.




Facebook Group
Twitter